|
|
Department of Mineral & Energy (DME) OHS Chat & Skinner Newsletters Exclusive Subscriber Newsletter Employer's Rights |
Klagte teen DG teruggetrek. Die beeld van 23 September 2004. ''n Klagte ingevolge die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid is Woensdag in sy afwesigheid in die Pretoriase landdroshof teen die direkteur-generaal (DG) van justisie, adv. Vusi Pikoli, teruggetrek. Pikoli het na bewering 'n kennisgewing van die departement van arbeid dat die Pretoriase landdroshof gesluit moes word, verontagsaam. Mnr. Reuben Ligaraba, senior staatsaanklaer, het die saak teruggetrek sonder om redes te verstrek. Hy het buite die hof gesê dit was in opdrag van die nasionale direkteur van openbare vervolging (DOV). Pikoli se regspan het glo vertoë tot die DOV gerig. Die departement van arbeid het op 12 Februarie verlede jaar 'n kennisgewing uitgereik nadat forensiese toetse gewys het dat uitlaatgasse na verskeie kantore deur die lugversorger versprei word. Die personeel is ondanks dié kennisgewing beveel om te werk of tugstappe in die gesig te staar'. Poetic justice or no justice? Click here for the Devil's Advocate's Newsletter of August 2004 entitled 'Poetic Justice'. (Charges in terms of the OHS Act against the DG of the Department of Justice withdrawn. Reasons not furnished. Apparently he instructed staff to ignore a Prohibition Notice pertaining to unhealthy air quality that was served on the Pretoria Magistrates Courts by DoL. He alleging also threatened to fire staff who refused to continue working under these conditions). Justice DG 'ignored order'. News24. 'The director-general of justice appeared briefly in the Pretoria magistrate's court on 11 August 2004 and indicated that he would oppose allegations that he contravened the Occupational Health and Safety Act. Director-general Vusi Pikoti apparently ignored a directive of the department of labour to close the Pretoria magistrate's court. The department of labour issued the directive in February last year after forensic tests showed that the air conditioning system was spreading emission gasses to several offices. The building also posed a fire hazard and was ventilated poorly because there were no windows that could open. Despite this notice, staff members in the court building were apparently ordered to continue working, or face disciplinary action. Pikoli could have paid a R5 000 admission of guilt fine to escape prosecution for the alleged offences. However, he indicated that he wanted the case to go to trial. Stef Kruger, Pikoli's legal representative, asked that the case be postponed to allow him time to receive instructions from Pikoli. A trial date will be set at the next court appearance'. DG in hof oor gebou vol slegte gasse. Die Beeld van 12 Augustus 2004. 'Die direkteur-generaal van justisie het Woensdag vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn en aangedui hy gaan bewerings dat hy die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid oortree het, beveg. Adv. Vusi Pikoli het as direkteur-generaal hom glo nie gesteur aan 'n kennisgewing van die departement van arbeid, waarvolgens die Pretoriase landdroshof gesluit moes word, nie. Die departement van arbeid het in Februarie verlede jaar dié kennisgewing uitgereik nadat forensiese toetse gewys het die lugversorger versprei uitlaatgasse na verskeie kantore. Die gebou was glo ook 'n brandgevaar en sleg geventileer omdat daar nie vensters was wat kon oopmaak nie. Die personeel in die hofgebou is ondanks die kennisgewing glo beveel om te werk óf tugstappe in die gesig te staar. Pikoli kon 'n R5 000 skulderkenningsboete betaal om vervolging weens die beweerde oortredings vry te spring. Hy het aangedui dat hy die saak op verhoor wil neem. Mnr. Stef Kruger, Pikoli se regsverteenwoordiger, het gevra dat die saak uitgestel word sodat hy instruksies by Pikoli kan kry. 'n Verhoordatum sal glo met die volgende hofverskyning gereël word'. DG betaal nie, moet hof toe oor gebou vol gasse. Die Beeld van 10 Augustus 2004. 'Adv. Vusi Pikoli moet Woensdag as direkteur-generaal van justisie in die Pretoriase streekhof verskyn weens beweerde oortredings van die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid. Pikoli het Maandag nog nie die R5 000 skulderkenningsboete betaal om vervolging weens die beweerde oortredings vry te spring nie. Dié boete is vroeër deur die kantoor van die direkteur van openbare vervolging (DOV) vasgestel ná 'n besluit om Pikoli te vervolg. Die staat beweer Pikoli het as direkteur-generaal 'n kennisgewing van die departement van arbeid gëgnoreer waarvolgens die Pretoriase landdroshof gesluit moes word. Dit was nadat forensiese toetse gewys het dat dodelike gasse deur die lugversorger versprei word. Dié gebou was ook 'n brandgevaar en sleg geventileer omdat daar nie vensters was wat kan oopmaak nie'. DG beboet oor gewerk in hof vol gasse. Die Beeld van 20 Julie 2004. 'Adv. Vusi Pikoli moet as direkteur-generaal van justisie 'n skulderkenningsboete van R5 000 betaal om vervolging weens beweerde oortredings van die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid vry te spring. Dié boete is deur die kantoor van die direkteur van openbare vervolging (DOV) vasgestel ná 'n besluit om Pikoli te vervolg omdat hy as direkteur-generaal 'n kennisgewing van die departement van arbeid geïgnoreer het. Die departement van arbeid het op 12 Februarie verlede jaar beveel die Pretoriase landdroshof moet onmiddellik gesluit word nadat forensiese toetse gewys het dodelike gasse word deur die lugversorger versprei. Die gebou was ook 'n brandgevaar en sleg geventileer (die vensters kan nie oopgaan nie).Die personeel in die hofgebou is ondanks die departement van arbeid se bevel beveel om te werk of tugstappe in die gesig te staar'.Another bad example being set by government officials! DoL served the Pretoria Magistrates Courts with a Prohibition Notice prohibiting work to continue in the courts until the unhealthy situation (noxious gases in the air-conditioning system) was rectified. The DG of the Department of Justice allegedly instructed employees to ignore the Prohibition Notice and work in the unhealthy workplace or be fired. The OHS Specialised court is seated within the Pretoria Magistrates Courts and thus imposed a fine upon their boss! Now the DG has allegedly failed to pay the Admission of Guilt and must appear in court according to the above report in Beeld. |
|
|